Posts

Morsjors

Image
Ek loop vandag iemand raak wat sy leë ‘chips’- sakkie net so op die straat gooi. Meestal sê ek niks en beweeg maar net aan met my lewe, maar hierdie keer het ek die persoon voorgekeer en hom gevra waarom hy nie die papier in die asblik gooi nie. Sy antwoord… “job creation”. Stom geslaan het ek toe maar net weggeloop. Ek is jammer maar ek verstaan dit nie. So hy wil liewer in ‘n vuil land woon, solank daar werk is vir almal… wat nie eers die geval is nie want die vuiligheid bly vir weke daar lê! Is dit dan die munisipaliteit se skuld? Waarvoor is die borde op die snelweg “keep Gauteng clean, do not litter” dan? Waar is jou trots op ‘n mooi, skoon land? Die Here het ons konings gemaak van hierdie wêreld. Die eer om na Sy skepping te mag kyk en dit te versorg en op te pas!. En die opdrag is vir my gegee… nie vir ‘n ander persoon nie. Vat die verantwoordelikheid vas! Gooi jou eie papiertjies in die asblik. Dit begin by jou!

Psalm 23 - 'n lied van vreugde

Image
Iets wat een maal nie geluister kon word sonder om ‘n knop in my keel te gevorm het nie, het dit nou verander na vreugde en trots. Vir jare kon ek nie na Psalm 23 geluister het nie. Dit was my broer se gunsteling Psalm, en na sy skielike sterwe kon ek selfs nie eers Psalm 23 uit die Bybel lees sonder om in trane uit te bars nie. Verlede jaar op my troue wou ek graag my broer ook laat deel maak het van hierdie mooi gebeurtenis. Die plan was om net Psalm 23 te sing tydens die erediens, maar toe raak ek kreatief. Ek is so geseend om iemand te kon vind wat saam met my my verdriet en vreugde wil deel. En die belangrikste is om saam die Here te kan dien. Ek dink spesiaal vandag aan almal wat ‘n geliefde aan die dood moes af staan. Dit is deel van ‘n mens se lewe. Die jare leer mens om dit moontlik te maak om dit rond te kan dra. Maar mens sal dit nooit kan vergeet nie. Ja, kan verwerk, maar nie vergeet nie. Ek het my af-dae waar ek nogsteeds ‘n traan pik, en dan het ek ook daai dae wat ons

My asem verloor in die branders

Image
Ek het nie geweet of ek kom of gaan nie. Die water het oor my gespoel soos ‘n golf met mag. Om en om het ek getol. Met elke rol het my kop teen die grond gestamp. Ek het geprobeer om te snak na asem, maar het geweet as ek my mond oop maak is dit verby. Vreemde geluide het deur my keel gegaan. My longe wou bars. Ek kon nie meer, ek kon net nie meer nie. Tyd het stil gaan staan. Minute het verby gegaan voor ek weer bo uit gekom het. Of altans dit het soos minute gevoel. Dit was sekerlik net sekonde. Hoe lank kan mens jou asem ophou as jy onverwags oorrompel word? Die see wou my nie meer gehad het nie. Hy het my uit gespoeg. Hy het van my ontslae geraak. Soos ‘n nat lap het hy met my gemaak wat hy wou. En ek kon geen verweer toon nie. Al wat oor gebly het vir my om te doen toe ek weer terug is op die strand, is om op te staan en weer in te gaan. Daai tyd het ek nie besef wat gebeur het nie. Ek moes die Here daar en dan gedank het dat Hy my van ‘n amperse dood gered het.

Virtual Hope in a Virtual World

Image
This morning I woke up and realized there is so much I'm thankful for. And even though I loose hope a lot, I still have those around me to support and care. It ain't easy to be a depressed girl. Thank you Lord for lending me the people in my life that can and wants to uplift my spirit. And with this rain that's been falling the last few night. Let's pray that the Vaal Dam levels will rise again. Tonight I'm visiting Kristen to practice music. I can't wait for us to go to the studio and record and hear how it sounds. This is a new direction, a scary direction, but still an exciting one where I'm moving towards to. I hope this will be the song that will open the door for me to the music industry.

SABC - adding hope to local artist for radio play

Image
It’s been now more than 3 years since I released my first vital curv album, and still couldn’t be able to appear on radio. I know my music is good, come on, it’s been produced by SA’s number one drummer! But you all heard about the new contract of SABC with our radio stations? So, again I will try submitting my band vital curv's music for radio play. If some of you have got the time, request my music on your favourite radio station, and hopefully THAT will boost my fan base too. And no, I didn’t forget about all of you already supporting me. A big HUG to you all!! Thank you!

Bid vir daai voet in die deur

Image
Dit gaan my verstand te bowe...  Iemand wat die musiek talent het en besluit om iets anders te doen in sy lewe, terwyl die ander van ons so hard bid net vir daai voet in die deur van die musiek bedryf. Ek het nou die besluit geneem om oor te gaan na #afrikaanse liedjies, want die radio stasies stel nie belang in my engelse rock songs nie.  Maar nou is ek op soek na iemand om die 2 liedjies te sing.  So waar begin mens soek as mens omtrent geen kontak het met die musiek bedryf nie?