Morsjors


Ek loop vandag iemand raak wat sy leë ‘chips’- sakkie net so op die straat gooi. Meestal sê ek niks en beweeg maar net aan met my lewe, maar hierdie keer het ek die persoon voorgekeer en hom gevra waarom hy nie die papier in die asblik gooi nie. Sy antwoord… “job creation”. Stom geslaan het ek toe maar net weggeloop.

Ek is jammer maar ek verstaan dit nie. So hy wil liewer in ‘n vuil land woon, solank daar werk is vir almal… wat nie eers die geval is nie want die vuiligheid bly vir weke daar lê! Is dit dan die munisipaliteit se skuld? Waarvoor is die borde op die snelweg “keep Gauteng clean, do not litter” dan? Waar is jou trots op ‘n mooi, skoon land?
Die Here het ons konings gemaak van hierdie wêreld. Die eer om na Sy skepping te mag kyk en dit te versorg en op te pas!. En die opdrag is vir my gegee… nie vir ‘n ander persoon nie. Vat die verantwoordelikheid vas!

Gooi jou eie papiertjies in die asblik. Dit begin by jou!


Popular posts from this blog

Virtual Hope in a Virtual World

My asem verloor in die branders

Bid vir daai voet in die deur